Die Voortrekker Monument Draf en Stap Klub is op 17 November 2006 met 17 lede gestig.
Die Klub is ‘n onafhanklike Klub en gebruik slegs die fasiliteite van die Voortrekkermonument. Ons lede kan egter ook Vriende van die Voortrekkermonument wees, wat beteken dat ons 365 dae per jaar toegang tot die terrein het om die area te geniet.
Ons Klub is gerig op die plesier van sport en ‘n gesonde lewenstyl. Die Voortrekker Monument Draf en Stap Klub is uniek in die sportwereld, en waarskynlik die enigste sportklub in die wereld wat sport en geskiedenis verweef. Ons wedlope het almal ‘n aktiewe “lewende geskiedenis” verband. Ons beroem ons op kwaliteit eerder as kwantiteit, en glo dat dit wat ons doen uitnemend moet wees. Ons maak voorsiening vir beginners as ook geharde ultra atlete.
- Ons beroem ons daarop dat ons lede lojaal is, en dat as hulle eers aangesluit en betrokke is, dit nie gebeur dat hulle ons verlaat nie. Ons is waarskynlik die grootste vriendekring in Pretoria.
- Sluit aan by die Voortrekker Monument Atletiekklub en:
- Kry ‘n AGN lisensienommer en word ‘n geregistreerde atleet
- Deel in die geskiedenis en kulturele erfenis