Die Voortrekker Monument Draf en Stap Klub is op 17 November 2006 met 17 lede gestig.

Die Klub is ‘n onafhanklike Klub en gebruik slegs die fasiliteite van die Voortrekkermonument. Ons lede kan egter ook Vriende van die Voortrekkermonument wees, wat beteken dat ons 365 dae per jaar toegang tot die terrein het om die area te geniet.

Ons Klub is gerig op die plesier van sport en ‘n gesonde lewenstyl. Die Voortrekker Monument Draf en Stap Klub is uniek in die sportwereld, en waarskynlik die enigste sportklub in die wereld wat sport en geskiedenis verweef.  Ons wedlope het almal ‘n aktiewe “lewende geskiedenis” verband. Ons beroem ons op kwaliteit eerder as kwantiteit, en glo dat dit wat ons doen uitnemend moet wees. Ons maak voorsiening vir beginners as ook geharde ultra atlete.

  • Ons beroem ons daarop dat ons lede lojaal is, en dat as hulle eers aangesluit en betrokke is, dit nie gebeur dat hulle ons verlaat nie.  Ons is waarskynlik die grootste  vriendekring in Pretoria.
  • Sluit aan by die Voortrekker Monument Atletiekklub en:
  • Kry ‘n AGN lisensienommer en word ‘n geregistreerde atleet
  • Deel in die geskiedenis en kulturele erfenis

Pret vir almal

Besoek on facebook blad gereeld om nuwe gebeure te ontdek.

Beskou die galery

Springbok Vasbyt

Die gelukbringer van ‘n Suid -Afrikaanse regiment is die enigste dier in die militêre geskiedenis wat ‘n volledige begrafnis ontvang het en in ‘n geallieerde oorlogsbegraafplaas begrawe is. Sy was Nancy, die beroemde Springbok -gelukbringer van die 4de Suid -Afrikaanse Infanterieregiment (Transvaal Scottish,) wat tydens die erge winter van 1919 tydens die Eerste Wêreldoorlog aan longontsteking in Hermenton, in België, gesterf het.

Lees meer

Muller Potgieter-Gedenkwedloop

Meer as 40 jaar ‘n tradisie – “Die son het vir hom ondergegaan toe dit nog dag was” Die Muller Potgieter Gedenkwedloop is die eerste keer in 1969 aangebied en is sederdien ononderbroke 42 maal agtereenvolgens. Dit het nie net Pretoria (Noord Transvaal en later Atletiek Gauteng Noord) se langste ononderbroke aangebiede wedloop geword nie, maar ook ‘n belangrike mylpaal op die Suid Afrikaanse padwedloop kalender. 

Lees meer

EVENTS